Ons NOS student is net hier vir vier maande, en dan van daar af word ons in die diep kant in gegooi by die skole. Hier is ons nou die ou ooms en tannies, maar gou gaan ons die groentjies wees. Dus, het ons 'n magdom werk om te behandel, want ons moet leer skool hou in net vier maande.
Ja, aan die begin het dit vir ons nogal baie lank geklink, maar toe ons nou eers begin klas begin, voel dit of vier maande sommer gou-gou gaan verby wees. Dan is ek van net 'n studente nommer wees na Juffrou van Niekerk. So, voor ek nou al my gedagtes oor net die vier maande neer pen, of neer tik altans, kom ons begin krities dink.
Soos wat Sam Hamilton in haar joernaal, om kritiese leerders te bevorder moet ons toelaat dat die leerders ook bietjie as die opvoeder tree. Die is nou nie omdat ons net vier maande se onderwys ervaring het en baie by die leerders moet deel nie, nee, dit gaan daaroor om hulle as kritiese leerders te bevorder. Deur hierdie te doen, sal ons hulle laat dink soos 'n opvoeder, want hulle moet iemand iets leer, en nie net alles soos 'n papegaai in te neem en te leer nie. Ons wil nie hê dat ons leerders deel moet raak van die van net die springhaas metode toepas nie.
Sam Hamilton gaan ook verder om te sê dat al gebeur die ICT kommunikasie oor 'n afstand gaan dit steeds met dieselfde gelykes en ouderdom groepe plaasvind. Die leerders gaan mekaar individueel kan ondersteun.
Ons gaan ook 'n spesiale onderwys-leerder band met mekaar vorm. Nie op ‘n snaakse manier of in ‘n onvanpaste manier nie, maar wel in die manier wat my leerders as kritiese leerders bevorder gaan raak. Op die ou einde van die dag is ons as onderwysers daar om vir die volwassenes van more ‘n beter toekoms te gee. Dit is verseker my missie in die lewe om ander te help, ook om my passie met my leerders te deel. Hoe beter dan om dit net op ‘n kritiese manier te doen, en die digitale media maak dit net soveel makliker.
Kritiese leerders sal die wees wat eendag die wêreld ‘n beter plek vir ons almal maak. Dalk word een van my leerders nog die president van hierdie land, alles te danke aan die kritiese digitale pedagogie wat ons leer.
No comments:
Post a Comment