"Het julle gehoor van Sannie wat eerste pouses voor die hele rugby span geval het?"
Ja, dit is hoe maklik sosiale media dit vir ons gemaak het om met mekaar te kommunikeer. Slegs 'n paar knoppies en almal weet wat jy wil sê. Dit is vir ons natuurlik net 'n plesier om met mekaar op so manier te kommunikeer. Dis ook net soveel makliker om nee vir iemand oor 'n boodskap te sê as om dit in persoon te doen.
Provenzano praat van die platform "Remind" in sy blog. Aangesien dit 'n "one way communication" is voel ek dat dit 'n baie goeie manier gaan wees vir my om met my leerders buite klas inligting deur te stuur. Dit is 'n meer effektiewe manier van kommunikeer as 'n Whatsapp group waar al die leerders dan gaan terug antwoord. Al probleem met die Remind platform is die feit dat leerders net kan sê dat hulle dit nie gesien het nie, en daars geen kontrolle. Selfs om reëlings vir sport deur te gee oor 'n oefening wat dalk geskuif het of sekere klere wat leerders moet aantrek.
Een van my probleme met sosiale media wat as kommunikasie middel gebruik word tussen leerders en onderwysers is dat daar nie 'n duidelike lyn getrek kan word nie. Leerders kan so gou jou sien as hulle vriend en nie as hulle onderwyser nie.
Nog 'n platform wat ek graag sal wil gebruik is om toetse op te stel waar die leerders antwoord deur die gebruik van hul selfone. Al word selfone uit die meeste skole verbied, neem leerders steeds hul selfone saam skool toe. So, "if you can't beat them, join them."
Indien ek myself eendag in 'n groot skool bevind, sal dit ook soms handig wees om te Skype met leerders wat dieselfde vak het, maar net in 'n ander klas is. Op so wyse kan daar meer idees verkry word, sonder om 'n klas te bedruk met teveel leerders in 'n klas.
Davis noem in sy blog dat dit bog is vir ons as onderwysers om te dink dat indien ons vir hulle 'n aanlyn taak gee om te doen dat hulle tyd op facebook en so gaan spandeer. Die punt bly staan dat aan die einde van die dag moet hulle steeds die taak ingee. Ons as onderwysers kan selfs deur die klas loop om dit te monitor.
"Onthou Woensdag se netbaloefening is gekanseleer weens akademiese verpligtinge" - dit gaan net soveel makliker wees om te kommunikeer.
Dankie Sosiale Media, maar vir jou loop ek ook maar lig.
No comments:
Post a Comment