Nou dat ons NOS-studente ons in 'n ander studieveld bevind, word ons gereeld oorval met die woord "pedagogy". Aan die begin het ons die dosente met groot vraagtekens op ons voorkoppe aangekyk (so soos ek nie graag wil hê my leerders na my moet kyk nie). Nou dat ons al bietjie meer vertroud met die woord is, gooi hulle ons nouweer omvêr en maak dit "digital pedagogy".
Vir die wat nie so bevoorreg is om met kinders eendag te werk nie, mag dalk nie weet wat "pedagogy" beteken nie. In eenvoudige terme, want dit is wat ons as onderwysers doen, ons vereenvoudig alles, is dit die vermoë om kinders te leer.
Volgens Morris is pedagogie nie sinoniem met onderwys of om oor onderwys te praat nie. Morris noem ook dat digitale pedagogie nie net is om aanlyn klas te gee nie, nee dit gaan oor soveel meer as net dit. Morris voel die uitvinding van LMS (Learning Management System) was 'n fout. Ek stem volkome saam met hom. Binne 'n klaskamer moet daar van aangesig tot aangesig kommunikasie plaasvind, nie oor 'n tablet of selfoon nie.
Stel jouself voor, jy vra 'n vraag aan die klas en in plaas van hulle wat al hulle hande opsteek om te antwoord, sak hulle koppe af om deur middel van 'n tablet jou te antwoord. Ah nee ah! Ons word mos groot gemaak en geleer dat ons 'n stem het en ons moet opstaan en ons sê sê. Hoe gaan ons dit bevorder en kinders aanleer as hulle ons in die klaskamer nie eens antwoord nie?
Stommel glo dat digitale pedagogie nie 'n veld nie, maar meer 'n manier om die wêreld te betrek. Stommel gaan ook verder en sê dat indien ons 'n kundige wil wees met digitale pedagogie moet ons navors en onderving opdoen, ons moet ook oop wees om 'n nuwe aktiwiteit en tegnologie te leer.
Vir die slimmies, is digitale pedagogie 'n orientasie teenoor pedagogie wat nie gewoonlik behels om digitale middels te gebruik nie.
Al sê Stommel dat digitale pedagogie die onderwyser en leerders betrek, vind dit steeds plaas deur die gebruik van digtitale media.
Ja, ek weet dit gaan beter leerders in die wêreld instuur omdat hul meer gaan weet om op so wyse te kommunikeer, maar wat gaan dit doen aan hulle mense verhoudings? Op die ou einde van die dag gaan dit oor hoe jy die mense om jou hanteer en mee praat. Gaan hulle nie dan almal op die ou einde om 'n etenstafel sit, met nog 'n Whatsapp groep, en so met mekaar praat oor die dag se gebeure en hoe lekker die kos smaak praat nie?
Noem my oudmodies, noem my tegnologies gestremd. Ek gee nie om nie. Ek gaan leerders in die wêreld instuur wat hulle stemme kan dikmaak (letterlik en figuurlik) en wat nie skaam is en elke keer 'n Whatapp moet stuur nie.
Ek stem saam met jou en Morris se seining. Ons moet nie net klas gee deur alles aanlyn te publiseer nie. Daar is dan geen tyd vir kritiese denke en ontwikkeling by die kinders nie. Kinders moet nie net feite geleer word nie, maar hulle moet eerder almal interakteer met mekaar om so opinies van mekaar te hoor.
ReplyDelete