Dit is vir my baie toevallig dat ons min of meer dieselfde gesprek as die Applying Mindfulness to Mundane Classroom blog gehad het in Besigheidstudies. Ek het ook 'n lang gesprek met my oom aan die etenstafel gehad oor wat regtig die regte manier van skoolhou is. Ek het na 'n lang debat tot die besef gekom dat ons almal 'n verskillende idees het van wat hierdie ideale manier van opvoed is.
Ek gaan nou nie sover gaan soos Abby Wills om my klaskamer te skuif voor my leerders in die klas inkom, of goed in hulle ore fluister nie. Ek mag dalk my leerders die 'death stare' gee as hulle nie maniere het nie. Ons hoop hulle ouers het hulle darem goed opgevoed by die huis. Ek voel nie ek moet hulle op die ouderdom nog moet maniere leer nie. Eks daar om hulle akademies op te voed en reg te kry vir die wêreld daar buite.
Net soos my lesse beplan gaan word, gaan ek ook my klaskamer voor die tyd beplan. Ek mag dalk aan die begin die leerders op dieselfde plek laat sit, net totdat ek hulle name leer ken het, en van daar af gaan ek hulle elke dag rond skuif, so dat hulle elke dag met iemand anders moet meng, iemand anders se denk en leer proses kan leer.
Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer besef ek daar wag 'n groot taak op ons as onderwysers, im alle omstandighede!
No comments:
Post a Comment